3-STER (Toerisme-Graderingsraad van Suid-Afrika & AA Reis) Lily Gastehuis, in die noordelike voorstede van Bloemfontein, is maklik bereikbaar vanaf die N1, maar tog geleë in ‘n stil omgewing. Ons is trots op ons ware gasvryheid en uitstekende persoonlike diens. Ons bied ‘n keuse van sewe ruim en-suite kamers: - Familiekamer (bad, stort)
- Tweelingkamer (“Twin room”) (bad, stort, mikrogolf, yskas)
- Dubbelkamer (bad, stort, mikrogolf, yskas)
- Dubbelkamer (stort)
- Selfversorgende familiekamer (stort, mikrogolf, yskas, elektriese braaipan, breekware en eetgerei vir vier persone)
- Selfversorgende familiekamer (stort, mikrogolf, yskas, elektriese braaipan, tweeplaatstofie met oond, breekware en eetgerei vir vier persone)
- Selfversorgende dubbelkamer (stort, mikrogolf, yskas, elektriese braaipan, breekware en eetgerei vir twee persone)
Alle kamers kan ook as enkelkamers bespreek word. Ekstra beddens kan op versoek in sekere kamers voorsien word. Die onderdakparkering is nie sigbaar vanaf die straat nie; u voertuig sal dus veilig wees. Elke kamer bied DSTv, lugreëling, elektriese kombers, haardroër en ketel met benodigdhede vir die maak van koffie, tee of rooibos. Alle linne word voorsien, asook benodigdhede soos sneesdoekies, seep, stortjel, sjampoe en lyfroom. Ons befaamde Lily-plaasontbyt en ander etes is op versoek beskikbaar (nie by akkommodasieprys ingesluit). Vir diegene wat daarvan hou om hul eie tjoppie oor die kole gaar te maak, bied ons ook braaigeriewe. Ons bied braaipakke, koeldrank, sap en water te koop aan. Ontspan in die sitkamer, in die tuin, by die braai-area of op die stoep, waar die geluid van die fontein en die sang van voëltjies jou siel sal laaf. | 3 STAR (Tourism Grading Council of South Africa & AA Travel) Lily Guesthouse in the northern suburbs of Bloemfontein is easily accessible from the N1, yet situated in tranquil surroundings. We take pride in our true hospitality and excellent personal service. We offer a choice of seven spacious en-suite rooms: - Family room (bath, shower)
- Twin room (bath, shower, microwave, fridge)
- Double room (bath, shower, microwave, fridge)
- Double room (shower)
- Self-catering family room (shower, microwave, fridge, electric frying pan, crockery and cutlery for four persons)
- Self-catering family room (shower, microwave, fridge, electric frying pan, crockery and cutlery for four persons)
- Self-catering double room (shower, microwave, fridge, electric frying pan, crockery and cutlery for two persons)
All rooms can also be booked as single rooms. If requested, we can provide extra beds in some rooms. The undercover parking is not visible from the street, so your vehicle will be safe. Every room offers DSTv, air conditioning, electric blanket, hair drier and kettle with necessities to make yourself some coffee, tea or rooibos. All linen is provided, as well as amenities such as tissues, soap, shower gel, shampoo and body lotion. Our famous Lily farmhouse breakfast and other meals are available on request (not included in accommodation price). For people who like the smell of their own chops sizzling on the grill, we also offer braai facilities. We offer braai packs, cold drinks, juice and water for sale. Relax in the lounge, in the garden, at the braai area or on the stoep, where the sound of the fountain and the song of birds will soothe your soul. |
NABY N1, Roete na middestad, Onthaalsentrums soos Summerton, Olive Ranch, Ilanga, Oubos e.a., Naval Hill Natuurreservaat, Orgideëhuis, Botaniese Tuine, Oliewenhuis Kunsmuseum, Nasionale Museum, Winkelsentrums soos Northridge Mall, Baysvillage, Bayswater Care, Noorderbloem Aftreeoord, Klipkerk, Skole soos Bloemfontein Hoër- en Laerskool, Brebner, Oranje en CBC. | NEARBY N1, Route to City centre, Wedding venues like Summerton, Olive Ranch, Ilanga, Oubos e.a., Naval Hill Nature reserve, Orchid House, Botanical Gardens, National Museum, Oliewenhuis Art Musem, Shopping centres like Northridge Mall, Baysvillage, etc Bayswater Care, Noorderbloem Retirement Resort, Klipkerk, Schools like Bloemfontein Secondary and Primary, Brebner, Oranje and CBC. |