Main Menu

Contact Us

Phlip Du Buisson
Cell: 083 760 5254
Tel: 051 436 9446
Fax: 086 692 8813
Email: info@lilyhouse.co.za
Home Home in Arikaans

Gastehuis Bloemfontein | Bloemfontein Bed en Ontbyt, Selfsorg


Lily Gastehuis, Bloemfontein

Gastehuis Bloemfontein Bed en Ontbyt, Lily Gastehuis - vooraansig

Lid van BAA (Bloemfontein Akkommodasie Assosiasie)

Lily Gastehuis, in die noordelike voorstede van Bloemfontein, is slegs 5km vanaf die N1,halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad, maar tog geleë in ‘n stil omgewing.

PERSOONLIKE DIENS

Ons is trots op ons ware gasvryheid en uitstekende persoonlike diens. Ons help graag met vervoerreëlings van en na die lughawe en ander plaaslike bestemmings in Bloemfontein. Ons kan ook reël vir dagtoere in en om Bloemfontein.

GASTE

Ons huisves ‘n verskeidenheid van verskillende tipes gaste wat wissel van sakelui, ambagsmanne, gesinne, vakansiegangers, internasionale reisigers, kunstenaars, sportgroepe en, natuurlik, ons lojale gaste wat weer en weer terugkeer.

KAMERS

Ons bied ‘n keuse van tien ruim en-suite kamers. Elke kamer bied die volgende:

 

  • Mikrogolfoond
  • Yskas
  • DStv
  • Lugreëling
  • Elektriese kombers
  • Bedlinne en handdoeke
  • Ketel met noodsaaklikhede vir die maak van koffie, tee of rooibostee
  • Toiletware soos seep, stortjel, sjampoe en lyfroom

 

Die spesifikasies vir elk van die individuele kamers is:

Kamer 1: Familiekamer (dubbelbed, twee enkel-stapelbeddens, bad, stort)

Kamer 2: Tweelingkamer (twee enkelbeddens, bad, stort)

Kamer 3: Dubbelkamer (dubbelbed, bad, stort)

Kamer 4: Dubbelkamer (dubbelbed, stort)

Kamer 5: Selfversorgende familiekamer (dubbelbed, dubbelslaapbank, stort, elektriese braaipan, breekware en eetgerei vir vier persone)

Kamer 6: Selfversorgende familiekamer (dubbelbed, dubbelslaapbank, stort, tweeplaatstofie met oond, breekware en eetgerei vir vier persone)

Kamer 7: Selfversorgende dubbelkamer (koninginbed, stort, elektriese braaipan, breekware en eetgerei vir twee persone)

Kamer 8: Dubbelkamer (dubbelbed, stort)

Kamer 9: Tweelingkamer (twee enkelbeddens, stort)
(Kamer 8 & 9 deel ‘n badkamer en kan as familie-eenheid bespreek word. Ons bespreek egter nie verskillende gaste in die twee kamers nie – u is altyd verseker van u eie badkamer.)

Kamer 10: Selfversorgende familiekamer (koningbed, twee enkel-stapelbeddens, bad, stort, tweeplaatstofie met oond, breekware en eetgerei vir vier persone)

Alle kamers kan ook as enkelkamers bespreek word en familiekamers kan ook as dubbelkamers bespreek word. Die koningbed in kamer 10 kan omskep word in twee enkelbeddens. So kan die enkelbeddens in kamers 2 en 9 omskep word na ‘n koningbed. Ekstra beddens kan op versoek in sekere kamers voorsien word. Die eiendom is goed omhein, met ‘n duiwelsvurk­heining en sluithek na die straat, en die onderdakparkering is nie sigbaar vanaf die straat nie; u voertuig sal dus veilig wees.

ONTSPANNINGSAREAS

Ontspan in die sitkamer, in die tuin, by die braai-area of op die stoep, waar die geluid van die fontein en die sang van voëltjies jou siel sal laaf.

ETES & DRANKIES

Ons befaamde Lily-plaasontbyt en ander etes is op versoek beskikbaar (nie by akkommodasieprys ingesluit). Vir diegene wat daarvan hou om hul eie tjoppie oor die kole gaar te maak, bied ons ook braaigeriewe.

Ons bied koeldrank en water te koop aan.

ROOKBELEID

Geen rook word in die gebou toegelaat nie. Rook word beperk tot die buite-areas.

KANSELLASIEBELEID

 

  • Indien tot 4 dae voor datum van aankoms gekanselleer word, sal geen geld gehef word nie.
  • Indien tot 3 dae voor datum van aankoms gekanselleer word, sal 50 persent van alle nagte gehef word.
  • Indien tot 2 dae voor datum van aankoms gekanselleer word, sal 75 persent van alle nagte gehef word.
  • Indien later gekanselleer word, of in geval die gas nie opdaag nie, sal die totale bedrag van die bespreking gehef word.
  • Geen terugbetalings sal gedoen word indien gaste vroeër vertrek nie.

 

DEPOSITO

‘n Deposito gelykstaande aan 50 persent van die totale bespreking word vooraf vereis.

KREDIETKAARTE

Die meeste bekende kredietkaarte word aanvaar (geen debietkaarte).

AANKOMS EN VERTREK

Aankomstyd is vanaf 14:00 op die dag van aankoms.

Vertrektyd is nie later nie as 10:00 op die dag van vertrek.

KINDERBELEID

Kinders onder die ouderdom van 3 jaar wat ‘n kamer met volwassenes deel, bly gratis. Kinders onder die ouderdom van 7 jaar kan ‘n Kinderontbyt teen halfprys geniet.

KOÖRDINATE

Lengtegraad: 26.23677E
Breedtegraad: -29.08229S

 

NABY

Ons is naby die volgende:

 

  • Middestad (±10 minute)
  • Waterfront & Mimosa Mall (±15 minute)
  • Sportstadions (±15 minute)
  • Lughawe (±20 minute)
  • Universiteit van die Vrystaat (±15 minute)
  • Onthaalplekke soos Somerton, Olive Ranch, Ilanga, Oubos, ens. (±5 minute)
  • Naval Hill met die Franklin Natuurreservaat (±5 minute)
  • Orgideëhuis (±5 minute)
  • Oliewenhuis Kunsmuseum (±5 minute)
  • Botaniese Tuine (±5 minute)
  • Nasionale Museum (±10 minute)
  • Vrouemonument (±20 minute)
  • Winkelsentrums soos Northridge Mall, Bays Village (±5 minute)
  • Uitstaande Restaurante en Wegneemete-winkels (±5 minute)
  • Bioskope (±5 minute)
  • Bayswater Care (±3 minute)
  • Noorderbloem Aftree-oord (±3 minute)
  • Klipkerk (±10 minute)
  • Skougronde (±20 minute)
  • Skole soos Bloemfontein Sekondêr en Primêr, Brebner, Oranje Sekondêr en Primêr & CBC

 

 

AANWYSINGS

Vanaf die N1, neem die Eeufeesweg-afrit. Hou aan in Eeufeesweg, gaan verby Northridge Mall aan u regterkant. Vanaf Northridge Mall volg u die aanwysingsborde teen die lamppale vir 2km. Draai links in Dauphinestraat en ry 200m. By nommer 17 sal Lily Gastehuis u verwelkom.



Lily Guesthouse
17 Dauphine Street
Bayswater
Bloemfontein
9301

 

 

 

Phlip Du Buisson - 083 760 5254
Tel: 051 436 9446
Fax: 086 692 8813

 

 

Bloemfontein accommodation